Pieter-Steph beste rugbyspeler in die wêreld

Lees ook :

Foto: World Rugby

Pieter-Steph du Toit is Sondagaand in Monaco by Wêreldrugby se jaarlikse glansgeleentheid vir die tweede keer as die beste rugbyspeler in die wêreld aangewys. Dié eer het hom ook in 2019 te beurt geval. Sy vrou het die toekenning namens hom ontvang.

Sewe Springbokke het Wêreldrugby se Droomspan gehaal – Ox Nche, Malcolm Marx, Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit, Diamian de Allende, Jesse Kriel en Cheslin Kolbe – het die prestigespan gehaal. Die Springbokke het Saterdag skoonskip in die Castle Lager-kampioenskap gemaak en die Prins William-beker huis toe gebring toe hulle Wallis met 45 -12 geklop het.

Die Blitsbok-kaptein Selvyn Davids het die sewes se Droomspan van die Jaar gehaal.

Die Springbokke is tans die beste rugbyspan in die wêreld met die volgende trofeë wat vir 2024 in hul vertoonkas spog: Qatar Airways-beker, Mandela-uitdaagskild, Vryheidsbeker, Rugbykampioenskaps- en die Prince William-beker. Dit het egter nie vir Rassie Erasmus die toekenning as die wêreld se beste rugby-afrigter vir 2024 besorg nie; Jérôme Daret van Frankryk het hierdie toekenning ontvang.

Foto: Supersport Rugby

Bronne: Springboks, Supersport Rugby, World Rugby

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief