Man wat meisie (12) van verdrinking wou red, vermis

Lees ook :

Man wat meisie (12) van verdrinking wou red, vermis
Man wat meisie (12) van verdrinking wou red, vermis fotokrediet: NSRI

Lees ook: Ma en seun in huis vermoor

WES-KAAP. – ’n Man wat Saterdag ‘n meisie (12) by Monwabisi-strand in Valsbaai van verdrinking wou red, word vermis.

Nicky Whitehead, die NSRI Strandfontein-stasiehoof, het gesê die NSRI is Saterdag gebel oor ’n verdrinking by Monwabisi-strand.

‘n Man (34) wat die meisie, wat glo in skeurstrome vasgevang is, wou help, het self onder die water verdwyn. Die man en die meisie is nie familie nie.

Die meisie is na ‘n hospitaal geneem waar sy dood verklaar is.

Na ’n soektog is die man steeds vermis. Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.

Bronne: NSRI

Lees ook: Ma en seun in huis vermoor

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief