Drie dood, ses in hegtenis na oor-en-weer skietery met polisie

Lees ook :

Foto Canva

Drie vermeende verdagtes is vroeër vandag noodlottig gewond en twee kritiek beseer na ‘n hoëspoed-jaagtog en oor-en-weer skietery met polisie in Pretoria.

Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê ‘n multidissiplinêre span het inligting opgevolg van beweerde verdagtes wat in rooftogte by winkelkomplekse, koerier-rooftogte en ander ernstige geweldsmisdade betrokke is.

Die vermeende verdagtes het glo pas ‘n rooftog by ‘n winkelkompleks naby Carnival City uitgevoer waar hulle sekuriteitswagte oorweldig het. Die polisie was op die uitkyk vir voertuie wat in die rooftog gebruik is, naamlik ‘n silwer VW Touareg en ‘n blou BMW.

Die verdagte voertuie is rigting noord op die R21 Hoofweg raakgesien. ‘n Hoëspoed-jaagtog het ontstaan met die verdagte voertuig wat die polisie probeer ontduik het.

Die vermeende verdagtes het op die polisie begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en die verdagte voertuig het teen ‘n kantreling van die pad gebots en tot stilstand gekom. Drie van die vermeende verdagtes binne die voertuig is noodlottig gewond en twee is vir mediese hulp na ‘n hospitaal geneem.

In die Touareq is beslag is gelê op drie ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en ander goedere.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat die VW-sportnutsvoertuig in Januarie van sy eienaar in Brooklyn geroof is en een van die vuurwapens in Isiphingo.

Die tweede verdagte voertuig is op pad na Mamelodi deur Tshwane se honde-eenheid gewaar. Vier vermeende verdagtes is in hegtenis geneem. Beslag is tydens ‘n ondersoek by die vermeende verdagtes se woning op goedere, asook nog drie voertuie – ‘n BMW 1-series, ‘n Toyota Corolla en ‘n VW Jetta – gelê.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in ‘n hof verskyn vir klagtes van poging tot moord, besit van gesteelde eiendom, gewapende roof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief