KWAZULU-NATAL. – Drie fetusse is onderskeidelik Dinsdag in Montpellierstraat in Morningside en Woensdag in Monty Naickerstraat in die Southbeach-omgewing in die middestad van Durban gevind.
Garrith Jamieson an ALS Paramedics sê dié diens het Dinsdagoggend net na 06:20 reageer nadat ‘n fetus in ‘n plastieksak aan die kant van ‘n pad ontdek is. Die polisie en veiligheidspersoneel was teenwoordig toe die fetus dood verklaar is.
Woensdag is die diens net na 10:00 saam met die metropolisie en ER24 na nog ‘n toneel waar die fetusse van ‘n tweeling by ‘n huis in ‘n toilet gevind is. Albei is deur paramedici dood verklaar. Jamieson sê die polisie het die misdaadtoneel afkordon en die insident word ondersoek.
Hy moedig verwagtende vroue aan om van owerhede, klinieke en regeringsfasiliteite gebruik te maak om hulp te verkry, in stede daarvan om van fetusse ontslae te raak. Hy sê daar is ‘n kommerwekkende toename in fetusse wat weggegooi word in Durban te bespeur.
Die polisie ondersoek beide die insidente.





