Drie gewapende verdagtes tydens skietgeveg met polisie dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Drie gewapende verdagtes is vanoggend (Vrydag) omstreeks 10:00 tydens ‘n skietgeveg met die polisie se taktiese reaksiespan (TRT) by ‘n huis in Nkawukazi, Ngqeleni, doodgeskiet.

Brig. Nobuntu Gantana, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die TRT het ’n veiligheidsmaatskappy ondersteun wat ’n leidraad oor ’n gesteelde voertuig opgevolg het. Tydens hul benadering van die perseel is daar na die polisie van binne die huis geskiet. Die polisie het uit selfverdediging teruggeskiet. Ná die skietgeveg en deursoeking van die perseel is die drie verdagtes dood aangetref.

Geen polisielede is beseer nie. Vier gewere en plofstof is op die toneel gevind. Twee voertuie is ook op die erf aangetref, insluitend die voertuig waarna die veiligheidsmaatskappy gesoek het.

Gantana sê alle relevante rolspelers is ontbied en die toneel is deur PKRS vir leidrade gefynkam. Opod, die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat, het oorgeneem soos deur wetgewing vereis word. Verdere besonderhede sal volg soos die ondersoek vorder.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief