VRYSTAAT. – Drie kinders is Vrydag dood toe drie voertuie op die N8 in Bloemfontein in ‘n ongeluk betrokke was. Twee kinders het met die impak van die ongeluk gesterf en nog ‘n kind later.

VR Medical is na die toneel van die ongeluk, waar agt beseerdes behandel is. Terwyl twee kinders op die toneel dood verklaar is, is twee kritiek beseerde persone en vier met geringe beserings vir verdere mediese behandeling na hospitale in die omgewing vervoer.
Dié diens waarsku diegene wat ‘n video van die ongeluk rondstuur, aangesien dit ‘n aktiewe misdaadtoneel is en die verspreiding van beeldmateriaal krimineel vervolg kan word. Die families wat deur die ongeluk en sterftes geraak is, moet ook in ag geneem word.
Crime Scene Trauma Cleanup het bevestig die skool waarvan die kinders leerlinge is, het gesê twee seuns en ‘n dogter het gesterf en nog ‘n dogter is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.





