Sowat 18 mense dood en 800 beseer na ontploffing in Iran

Lees ook :

Sowat 18 mense dood en 800 beseer na ontploffing by hawe in Iran fotokrediet: X

IRAN. – Sowat 18 mense is gister (Saterdag) dood en 800 is beseer na ’n ontploffing by een van Iran se hawens.

Lees ook: 20 beseer in aardbewing in Ecuador

Die ontploffing by die Shahid Rajaee-hawe, die land se grootste kommersiële hawe, het vensters en dakke van naby geboue vernietig, asook motors wat in die omgewing was.

Volgens Ambrey Intelligence is die ontploffing veroorsaak deur “onbehoorlike handel in ’n vrag vol soliede brandstof wat bedoel is vir gebruik in Iranse vuurpyle”.

Plaaslike media het berig getuies het gesê die ontploffing het gevolg na ’n brand uitgebreek het en na oop houers met “vlambare materiaal daarin” versprei het .

Die president van Iran, Masoud Pezeshkian, het sy “innige spyt en simpatie” teenoor naasbestaandes van die slagoffers uitgespreek en gesê die regering sal die voorval ondersoek.

Bronne: BBC, Gulf News, New York Times

Lees ook: 20 beseer in aardbewing in Ecuador

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief