Drie maande tot herstel na ongeluk

Lees ook :

Cobie van Dyk (48), wat die naweek in ‘n motorfietsongeluk was, sterk in die Gariep MediClinic-hospitaal aan, maar dit kan drie maande neem voordat hy weer op die been is.

Cobie vertel hy was die naweek oppad om by sy dogter, Talichia van Dyk, te gaan eet, toe ‘n silver Volkswagen voor hom ingery het. Hy is ernstig beseer en in die hoësorg-eenheid in die hospitaal opgeneem. Hy het ‘n ernstige kopbesering opgedoen en sy enkel- en sleutelbeen is ook moontlik gebreek.

Cobie sê alhoewel hy nog steeds pyn ervaar, voel hy baie beter. Hy sterk nou in die ortopediese saal aan nadat hy vandag uit die hoë-sorgeenheid geskuif is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief