Bybels en beanies vir Lesotho

Lees ook :

Kimberley – ‘n 10-jarige Seun gaan reeds op ‘n jong ouderdom met sendingwerk begin wanneer hy môre na Lesotho vertrek.

Nathan de Vries word vergesel deur sy pa, André de Vries, op dié eerste uitreik. Hulle gaan vir Africa4Jesus sendingwerk in Hajobo doen. Altesaam 475 Sotho-Bybels, geskenk deur Life Church, sowel as beanies en serpies, geskenk deur Kimberley-Baptistekerk, gaan uitgedeel word. Nathan het ook R1 000 in sy spaarvarkie vir hierdie sending. Hulle gaan ook koekies en lekkers uitdeel.

Africa4Jesus (A4J)

A4J, wat ‘n diensjaar vir Christus aanbied, is ook ‘n Bybelskool waar geakkrediteerde teologiese grade in samewerking met ander universiteite verwerf kan word. A4J werk ook met dwelmverslaafdes en doen rehabilitasie van verslawing.

Sendingstasie in Lesotho

A4J doen die afgelope 10 jaar sendingwerk in Lesotho en het agt jaar gelede ‘n sendingstasie daar oopgemaak. Dit word deur Pieter en Keila Mierke bestuur. Hulle doen jaarliks ‘n uitreik in Lesotho en studente kan daar oorslaap. Hulle werk in die berge en areas waar mense nog nooit Jesus se naam gehoor het nie.

Hoekom in Lesotho?

A4J, wat buite Kimberley gebaseer is, werk nie net in en om die stad nie, maar ook in die res van Suid-Afrika. Hulle het 64 mense wat daar bly en voltyds sendingwerk doen, sê André.

“Lesotho is ‘n plek wat naby en maklik bereikbaar is. Die gemiddelde familie daar leef met minder as R500 per maand. Die nood is net so groot in Lesotho soos by ons en ons wil graag betrokke wees.

“Die doel van hierdie uitreik is om vir Nathan groot te maak met ‘n liefde vir ander mense, sodat hy weet dat alles nie net oor homself gaan nie, want die Here sê ons moet Hom eerste liefhê en dan ons medemens.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief