Drie mans in Kleinvlei doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Drie mans tussen 18 en 39 is Sondag in die vroeë oggendure in Danventrystraat, Stranford Green, Eersterivier, doodgeskiet. Provinsiale speurders van die eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad ondersoek die voorval.

Lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens ‘n voorlopige ondersoek het drie verdagte mans omstreeks 00:40 die perseel betree waar die mans in die erf gesit het. Hulle het skote geskiet en die drie mans noodlottig gewond. Die verdagtes, wat te voet van die toneel gevlug het, is nog nie in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek drie klagtes van moord. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief