IRAN. – Drie mense is dood ná die Israeliese weermag die Iranse staatsmedia se hoofgebou in Teheran tydens ’n uitsending aangeval het.
Lees ook: Israel val steeds aan terwyl Iran terugslaan
Die uitsending is onderbreek ná Israeliese magte die gebou getref het en die vroulike nuusleser moes vlug. Israel se verdedigingsminister, Israel Katz, het net voor Maandag se aanval gesê: “Die Iranse propaganda-mondstuk is op pad om te verdwyn”.
Die aanval is geloods kort ná Israel se weermag ’n ontruimingskennisgewing vir Teheran uitgereik het.
Israel en Iran is steeds besig met aanvalle op mekaar nadat Israel Vrydag teikens in Iran geteiken het om ontslae te raak van dié land se kernprogram en -aanlegte.
Bronne: BBC, The Independent, DW






One Response
http://farmaciabesurica.com/# farmacie senza ricetta online