Die polisie het gister sy landswye jaarlikse operasie Safer Festive Season met groot fanfare onder die vaandel van “more boors on the ground towards enhanced police visibility” in Limpopo geloods.
Hierdie operasie vind deurlopend tot einde Januarie 2023 plaas.
Dit het egter nie booswigte gekeer om drie OTM’e by ‘n Sasol-garage in Paul Krugerhoofweg in Springs aan die Oos-Rand, Gauteng, op te blaas nie.
Gerugte doen die rondte dat ongeveer 15 of meer persone by die misdade betrokke was.
Barend van Heerdern, GPF-voorsitter in Springs, het ‘n Facebook-plasing gemaak en die voorval in sektor 5 bevestig. Hy sê ‘n petroljoggie beweer ongeveer 15 persone was betrokke.
Van Heerden sê die aanvallers het met ‘n onbekende bedrag geld weggekom. Skade is aan al drie die OTM-masjiene aangerig.
FiND iT Nuus wag vir polisiekommentaar.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





