KWAZULU-NATAL. – Die Hiberdene-polisie ondersoek ‘n driedubbele moord nadat drie persone laksmanstyl in Mthwalume in ‘n voertuig doodgeskiet is.
Brig. Jay Naicker sê die bestuurder van die voertuig het net die plaaslike hof met twee passasiers verlaat. Hulle wou in die hoofpad indraai toe hulle glo deur verdagtes in twee voertuie vasgekeer is. Daar is deur die verdagtes op die voertuig geskiet en die bestuurder met sy passasiers het op die plek aan hulle skietwonde gesterf. Die oorledenes is glo ook van hulle vuurwapens beroof.
Die motief vir die moorde is onbekend en is deel van die moordondersoeke.





