PHILADELPHIA, WES-KAAP. – Drie plaaswerkers het Dinsdagoggend gesterf en nog 66 is beseer toe die vervoertrok waarin hulle was in die Philadelphia-area omgeslaan het.
Na bewering het die trokbestuurder beheer verloor. Gevolglik het die Isuzu-trok in Occultdaleweg omgeslaan terwyl dit na ’n naburige plaas onderweg was.
Alle nooddienste, insluitend die provinsiale verkeerswetstoepassers, het hulle na die ongelukstoneel gehaas.
Ivan Meyer, provinsiale minister van landbou, het ’n beroep op boere en vervaardigers gedoen om te verseker dat plaaswerkers veilig vervoer word.
Alle beseerdes het die nodige mediese behandeling ontvang. ’n Saak van strafbare manslag word deur die Wes-Kaapse polisie ondersoek.
Bronne: Arrive Alive, News 365, Facebook





