Drie vas nadat vermeende inbreker sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Drie verdagtes is Sondag in Zamdela op aanklag van moord gearresteer na ‘n vermeende inbreker wat glo in een van die verdagtes se huis betrap is, dood is.

Sers. Jopsephine Rani sê die polisie het omstreeks 18:00 ‘n klagte van ‘n aanranding ontvang. Die oorledene (23) is op die toneel in een van die verdagtes se erf uitgewys. Hy is op die toneel dood verklaar.

Rani sê na bewering het die oorledene by een van die verdagtes se huis ingebreek, waarna hy op heter daad betrap is. Die oorledene is toe glo deur die verdagtes, tussen 24 en 28 jaar, aangerand.

Die drie verdagtes in aanhouding sal binnekort in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief