Drie vas oor vermeende gesteelde eiendom

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Drie verdagte mans, tussen 18 en 19 jaar oud, is vir die besit van vermoedelik gesteelde items in hulle besit in hegtenis geneem. Tydens polisiedeursoeking is hulle glo in besit van twee televisiestelle, twee mikrogolfoonde, 90 ID-s, 83 ID-kaarte en verskeie Sassa-kaarte betrap.

Volgens sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, het ‘n gesamentlike polisiespan inligting ontvang dat die drie verdagtes vermoedelik gesteelde items in hulle besit het. Met ‘n deursoeking kon die drie mans nie verduidelik waarom hulle hierdie items gehad het nie, gevolglik is hulle in hegtenis geneem en beslag op die items gelê.

Die polisie het op al die items beslag gelê. Die verdagtes sal binnekort in die Sasolburg-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief