Drie vasgetrek na seun na skool in kop gesteek is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Twee verdagte mans en een verdagte vrou, al drie 19 jaar oud, is Woensdag in hegtenis geneem na ‘n leerling (16) Maandagmiddag na skool in sy kop gesteek is.

Kapt. Frederick van Wyk sĆŖ die slagoffer is buite ‘n hoĆ«rskool gesteek en sodra die verdagtes aangekla is, sal hulle in die Goodwood-landdroshof verskyn.

Nuusflits het voorgeen berig ‘n Gr. 11-seun (16), is Maandagmiddag na skool op die hoek van Dingle- en Elizestraat in Parow in die kop gesteek.

Volgens sers. Wesley Twigg was die seun onderweg van die skool na sy huis toe hy glo deur ‘n groep seuns aangeval is. Hy is met ‘n steekwond in sy kop vir mediese behandeling na ‘n fasiliteit geneem.

Twigg het bevestig die polisie ondersoek ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief