Drie vasgetrek wat glo vervalde paspoorte stempel

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Mike Alex Abete (38) en Abdo Mustefu Musa (44), albei van Ethiopië, asook Lindiwe Kubheka (47) is op aanklagte van bedrog en diefstal gearresteer.

Kapt. Dineo Sekgotodi sê inligting is ontvang oor vervalde paspoorte wat deur ‘n beweerde “vals” amptenaar van binnelandse sake, gestempel word.

“‘n Operasie is ingevolge die Strafproseswet begin en Abete is R20 000 betaal om vervalde paspoorte te stempel. ’n Ooreenkoms is bereik vir die afhaal van die gestempelde paspoorte, maar Abete het nie die ooreenkoms nagekom nie.”

Sekgotodi sê ‘n lasbrief vir inhegtenisneming, asook deursoeking en beslaglegging is gemagtig en Maandag uitgevoer. Dokumente van die departement van binnelandse sake en departement van vervoer is tydens die deursoeking ontdek en gekonfiskeer. Die dokumente sal deur die betrokke departemente geanaliseer word.

“Tydens ondervraging het Abete bekend gemaak dat die geld en paspoorte aan Musa gegee is. Toe Musa ondervra is, het hy bevestig dat hy die paspoorte en R5 000 van Abete ontvang het. Hy het dit aan Kubheka oorhandig. Kubheka is ondervra en het bevestig dat paspoorte en R2 500 deur haar ontvang is. Die span het ‘n deursoek-en-beslagleggingsoperasie uitgevoer en drie paspoorte is gevind waarop beslag gelê is.”

Die verdagtes het Dinsdag op aanklagte in die Eerstehoek-landdroshof in Elukwatini verskyn. Al drie is op borg van R3 000 elk vrygelaat en die saak is vir verdere ondersoek tot 5 November uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief