Drie verdagtes vir aanlyn kinderverwante seksuele oortredings vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

PRETORIA. – Drie verdagtes is in aparte voorvalle vir beweerde aanlyn seksuele oortredings waarby kinders betrek is, in Gauteng in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe sê in een voorval is ‘n Britse burger (63) wat onwettig in die land is, op Springs aangekeer. In die tweede saak is ‘n man (43) op Benoni in hegtenis geneem en in ‘n derde voorval is nog ‘n man (43) van Krugersdorp aangekeer.

Mathe sê die drie beweerde verdagtes is deur die SAPD se ondersoekeenheid vir reeks- en elektroniese misdade (SECI) met behulp van die VSA se Department of Homeland Security, vasgetrek.

Die trio se inhegtenisneming volg nadat ‘n aantal verdagtes in Suid-Afrika vir beweerde betrokkenheid vir die besit, verspreiding, vervaardiging, verkryging en aflaai van kinderpornografie geïdentifiseer is.

SECI van SAPD-hoofkantoor- en Gauteng se voorlopige ondersoek het gebruikers en hul adresse vasgestel. Na verskeie maande se ondersoek en beplanning is daar tydens ‘n operasie op die drie Gauteng-verdagtes toegeslaan.

Die verdagte van Springs word onder andere deur klagtes van bestialiteit in die gesig gestaar na die polisie beslag gelê het op materiaal waarop na bewering bewyse daarvan is. Hy word ook van die seksuele voorbereiding van ‘n kind aangekla. Die aanklagte van beweerde kinderpornografie teen hom sluit in: die besit van, verspreiding, toegang tot, aflaai, kyk, fasilitering van beskikbaarstelling vir verspreiding daarvan.

Die tweede verdagte wat op Benoni vasgetrek is, asook die Krugersdorp-verdagte, word deur dieselfde klagtes met betrekking tot kinderpornografie, soos in die vorige paragraaf genoem, in die gesig gestaar.

Mathe sê nie net is drie persone in hegtenis geneem nie, maar drie kinders wat na bewering tydens die genoemde oortredings gebruik is, is geïdentifiseer, asook is ‘n hond gered.

Die verdagtes het reeds Maandag in die onderskeie landdroshowe van Springs, Benoni en Krugersdorp verskyn. Die afsonderlike sake is vir verdere ondersoek en borgaansoeke uitgestel.

Mathe sê voorts die operasies sal landwyd voortduur om die netwerk van seksoortreders wat kinders misbruik, te ontbloot.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief