DRK-weermag keer poging tot staatsgreep

Lees ook :

DRK-weermag sê poging tot staatsgreep gekeer
DRK-weermag sê poging tot staatsgreep gekeer fotokrediet: Canva

Lees ook: Iran se president dood in helikopterongeluk

DRK. – Volgens brig.genl. Sylavin Ekenge, woordvoerder van die weermag van die Republiek die Kongo, het hulle ‘n poging tot ‘n staatsgreep teen die president, Felix Tshisekedi, gekeer.

Sowat 20 gewapende mans in weermaguniforms het gister die huis van Vital Kamerhe, die voormalige stafhoof, aangeval. Twee wagte en een van die aanvallers het omgekom.

Daar was ook aanvallers by die Palais de la Nation, die president se kantoor.

Die aanvallers, Kongolese burgers en buitelanders, is glo lede van die New Zaire Movement.

Ekenge het gesê die weermag kon die staatsgreep afweer en alles is onder beheer. Die aanvallers is in hegtenis geneem.

Bronne: BBC, The Citizen, Euronews

Lees ook: Iran se president dood in helikopterongeluk

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief