Brekende Nuus
Afrikaans

Dromspeler van Blondie oorlede op 70

Dromspeler van Blondie oorlede op 70

fotokrediet: X
Dromspeler van Blondie oorlede op 70 fotokrediet: X

Die dromspeler van Blondie, Clem Burke, is in die ouderdom van 70 oorlede.

Lees ook: TikTok vir nog 75 dae veilig in VSA

Blondie het gister (Maandag) in ’n verklaring op hulle webwerf gesê Burke is aan kanker oorlede.

Die bekende groep het verder gesê: “Clem was nie net ’n dromspeler nie, hy was die hartklop van Blondie.”

Burke het op 14 begin drom speel vir sy skoolorkes, maar is uitgeskop omdat hy te hard gespeel het. Hy het in die 1970’s by Blondie aangesluit na hy ’n advertensie vir ’n dromspeler gesien het.

Die groep het talle treffers gehad, soos Heart of Glass, Call Me, The Tide Is High en Rapture.

Bronne: Today, CBC, New York Post

Lees ook: TikTok vir nog 75 dae veilig in VSA

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].