‘Dronk’ vrou in hof wat glo voetganger stamp en skool in ry

Lees ook :

Foto's: EMPD

GAUTENG. – ‘n Vrou (33) wat glo besope was toe sy Donderdag om 10:30 ‘n voetganger in Andrew Mapheto-rylaan gestamp het en daarna in Laerskool St Gemma ingery het, verskyn vandag in die Thembisa-landdroshof.

Kol. Mavela Masondo het bevestig ‘n verdagte is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die hof.

EMPD-lede (Ekurhuleni-metropolisiedepartement) en FRU (First Responder Unit) wat op patrollie was, het op die ongelukstoneel afgekom. Die voetganger en ‘n passasier in die voorkant van die motor is ernstig beseer en is deur paramedici na verskillende mediese fasiliteite geneem. Die bestuurder en nog drie passasiers is slegs lig beseer.

Na bewering was die vrou agter die stuur van ‘n VW Jetta onder die invloed van drank. Daar was vier passasiers in die motor. Sy het glo nie by ‘n verkeerslig, wat nie gewerk het nie, gestop nie. Die beamptes het drank aan die bestuurder geruik en haar dadelik aan ‘n blaastoets onderwerp. Sy is met die uitkoms van die toets in hegtenis geneem. ‘n Mediese praktisyn is ontbied om haar bloed op die toneel te trek, waarna sy by Thembisa South-polisiestasie aangehou is. Die voertuigwrak is geskut.

Die bestuurder van die motor word deur ‘n aanklag van bestuur onder die invloed van drank of ‘n bedwelmende middel in die gesig gestaar.

Scrolla.Africa berig die vrou is ‘n verkeersbeampte en daar was twee volwassenes en drie kinders saam met haar in die motor.

Bronne: SAPD, Scrolla.Africa en Arrive Alive

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief