ID van SA-vrou tussen Jeffrey Epstein se boedelitems

Lees ook :

ID van SA-vrou tussen Jeffrey Epstein se boedelitems fotokrediet: X

VSA. – Die Amerikaanse huisoorsigkomitee het gisteraand 68 foto’s van boedelitems van die pedofiel Jeffrey Epstein vrygestel.

Lees ook: Ghislaine Maxwell wil hê hof moet vonnis omkeer

Ingesluit in die nuutste vrystelling is foto’s van vroue se paspoorte en ID’s. Die ID van ‘n Suid-Afrikaanse vrou is ook afgeneem. Die huisoorsigkomitee het gesê die paspoorte en ID’s behoort aan “vroue by wie Jeffrey Epstein en sy medebeskuldiges betrokke was”.

Nog ID’s van vroue van lande soos Litaue, Rusland, Oekraïne en die Tsjeggiese Republiek was onder die boedelitems.

Die Epstein-dokumente sal na verwagting vandag vrygestel word onder die Epstein Files Transparency-wet.

Bronne: Briefly, BBC, CNN

Lees ook: Ghislaine Maxwell wil hê hof moet vonnis omkeer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief