Duitse dokter verhoor wat glo 15 pasiënte vermoor

Lees ook :

Duitse dokter verhoor wat glo 15 pasiënte vermoor fotokrediet: Canva

DUITSLAND. – Die verhoor van ’n Duitse dokter (40), wat van 15 gevalle van moord beskuldig word, het gister in Berlyn begin.

Lees ook: Duitse owerhede ondersoek dokter vir moord

Aanklaers beweer die dokter, slegs bekend as Johannes M, het ’n kombinasie van spierverslappers en narkose gebruik om pasiënte in palliatiewe sorg tussen September 2021 en Julie 2024 dood te maak, sonder die pasiënte se medewete of goedkeuring. Volgens aanklaers het die spesifieke kombinasie respiratoriese spiere verlam wat gelei het tot versmoring, en binne minute die dood. Die meeste van die pasiënte, tussen 25 en 94 jaar oud, is in hulle huise dood. Alhoewel hulle ernstig siek was, sou hulle nie noodwendig binnekort gesterf het nie.

Die dokter het glo ook bewyse probeer vernietig deur vuur te maak in van die pasiënte se huise. Hy is op 6 Augustus 2024 in hegtenis geneem.

Nog 96 sake word ondersoek, insluitend die dood van die dokter se skoonma, wat kanker gehad het en oorlede is dieselfde naweek wat hy en sy vrou by haar gaan kuier het.

Bronne: Euronews, CBS News, The Straits Times

Lees ook: Duitse owerhede ondersoek dokter vir moord

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief