Brekende Nuus
Afrikaans

Duitse man gevonnis wat sy vrou bedwelm, verkrag en verfilm

Duitse man gevonnis vir bedwelming, verkragting en afneem van sy vrou

fotokrediet: Canva
Duitse man gevonnis vir bedwelming, verkragting en afneem van sy vrou fotokrediet: Canva

AACHEN, DUITSLAND. – ‘n Duitse man (61) is tot agt jaar en ses maande tronkstraf gevonnis nadat hy sy vrou vir jare bedwelm en verkrag het. Hy het die verkragting afgeneem en die beeldmateriaal op die internet geplaas.

Lees ook: 50 mans skuldig aan verkragting van Gisèle Pelicot

Die man, slegs bekend as Fernando P, oorspronklik van Spanje, is skuldig bevind aan verkragting, liggaamlike skade en oortreding van persoonlike privaatheid.

Hy het sy vrou vanaf 2018 tot 2024 in hulle huis bedwelm en verkrag terwyl hy dit afgeneem het en later op die internet gedeel het.

Die grootste deel van die verhoor het agter toe deure plaasgevind om die identiteit van sy vrou te beskerm.

Bronne: BBC, NBC News, Daily Mail

Lees ook: 50 mans skuldig aan verkragting van Gisèle Pelicot