Duitse vrou in hegtenis na aanval op 18 mense op Hamburg-treinstasie

Lees ook :

Duitse vrou in hegtenis na aanval op 18 mense op Hamburg-treinstasie fotokrediet: X

HAMBURG. – ’n Duitse vrou (39) is in hegtenis geneem na 18 mense gisteraand op Hamburg-Sentraal-stasie, die besigste treinstasie in Duitsland, in ’n mesaanval beseer is. Vier mense is steeds in ‘n kritieke toestand en ses het ernstige beserings opgedoen toe die vrou mense op die perron lukraak met ‘n mes begin gesteek het.

Lees ook: Man skiet stiefseun ná hy geweer afvat by jonger seun

Die polisie het gesê hulle glo die vrou het die aanval alleen uitgevoer en dat sy sonder weerstand in hegtenis geneem is. Die mes is op die toneel gevind.

Plaaslike media berig die aanval het naby platforms 13 en 14 van die besige treinstasie gebeur terwyl pendelaars vir ‘n langafstandtrein gewag het.

Die Hamburgse polisiewoordvoerder, Florian Abbenseth, het gesê die aanval word ondersoek maar “daar is geen bewyse sover dat sy ’n politieke motief gehad het nie. Ons het inligting dat sy moontlik ’n psigiatriese toestand het”.

Bronne: The Independent, CNN, Sky News

Lees ook: Man skiet stiefseun ná hy geweer afvat by jonger seun

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief