Man skiet stiefseun ná hy geweer afvat by jonger seun

Lees ook :

Man skiet stiefseun ná hy geweer moes wegvat by seun (9) fotokrediet: Canva

FLORIDA. – ‘n Man (43) het sy stiefseun (26) doodgeskiet na sy ander stiefseun (9) ’n vuurwapen gegryp het omdat hy kwaad was vir sy ma.

Lees ook: Tiener (14) skiet haarself per ongeluk dood terwyl sy video opneem

Die ma het die 9-jarige gevang Fortnite speel in sy ouer broer se kamer. Sy het die seun se foon afgevat om hom te straf, waarna hy saam met haar na haar kamer is en ’n vuurwapen uit haar bedkassielaai gehaal het.

Die ma en stiefpa het met die kind gestoei om die vuurwapen af te neem. Volgens die polisie het die ouer stiefseun (26) by die vertrek ingekom en sy broer in ’n “ontstelde toestand” gesien, met sy stiefpa wat ’n vuurwapen vashou.

Hy het met sy stiefpa begin stry, waarop die stiefpa hom verskeie keer in die bors geskiet het. Volgens die polisie het hy probeer weghardloop, maar sy stiefpa het hom agternagesit en twee keer in die rug geskiet.

Die ouer seun is in die hospitaal oorlede. Sy stiefpa, Kelly Agar Garcia, is in hegtenis geneem en word aangekla van moord en onbehoorlike beveiliging van ’n vuurwapen.

Bronne: The Independent, Charlotte Observer, Fox8

Lees ook: Tiener (14) skiet haarself per ongeluk dood terwyl sy video opneem

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief