Dundee: Drie van gesin kry borg na ‘betrokkenheid by Coin-It-piramideskema’

Lees ook :

Die De Beer-familie het 'Coin-It' op die been gebring. Foto's: DearJon-letter blog

DUNDEE, KZN. Malcolm Henry de Beer (54) het Dinsdag saam met sy vrou, Patricia (53) en dogter, Samantha (31) in die Pietermaritzburg-landdroshof op aanklagte van bedrog en diefstal ter waarde van R73,6 miljoen verskyn.

Dit volg nadat hulle deur die Valke in hegtenis geneem is vir hulle beweerde betrokkenheid by die Coin-It-“piramide-beleggingskema”.

Volgens Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van KZN se nasionale vervolgingsgesag, het Coin-It advertensies op hulle webtuiste en in koerante geplaas waarin ’n beroep op die gemeenskap gedoen is om by hulle te belê. Verskeie mense het ná die advertensies begin om geld direk in Coin-It se bankrekening te betaal. Ramkisson-Kara het gesê dit was nie volgens die Wet op Finansiële Advies en tussengangersdienste goedgekeur om deposito’s van beleggers te ontvang nie.

Die staat voer volgens haar aan dat die maatskappy nie as ’n finansiële diensteverskaffer geregistreer is nie en dus ook nie oor die voorgeskrewe lisensies beskik het nie.

Coin-It is glo deur die De Beer-gesin begin en het aanvanklik miljoene aan beleggers regoor die land uitbetaal. Baie is egter hul geld kwyt nadat die skema ineengestort het.

Die drie verdagtes is elk op R50 000 borg vrygelaat en verskyn weer op 19 Maart 2024 in die hof.

Bron: Sowetan Live, The Citizen, IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief