Net ʼn uur buite Kaapstad, omring met fynbos en die Atlantiese wind, lê die !Khwa ttu reservaat. Hier neem die verlede en hede in stilte hande en die stemme van die mistieke San eggo oor die heuwels. Die dwaler kan hier kom rus, leer en luister. Van die kos op jou bord, tot die stories van dansende voete uit vergete stamme, hier kan die dwaler kennis maak met ʼn dikwels onbekende erfenis.

Welkom tuis – so sê die San mense van !Khwa ttu
Met Erfenis maand nog so vars in ons geheue is dit dalk ʼn goeie tyd om in die verlede te dwaal.
Soveel is al geskryf en gespekuleer oor die oorsprong van mens, navorsing gedoen en opinies gevorm. Die San is nie net bekend as een van die oudste bekende voortgesette kulture in die geskiedenis van die mensdom nie, maar hul erfenis is ook diep verbind met temas van identiteit, inheemse regte en menslike evolusie.
Tog word die San se nalatenskap dikwels oor die hoof gesien of self gemarginaliseer.



!Khwa ttu – interaktiewe erfenisterrein
Dit is by die unieke, lewend erfenisterrein van !Khwa ttu, hoog bo die Weskus se duine, waar die San weer gehoor kan word. Hier, by !Khwa ttu, vloei ou wysheid, natuur en moderne storie vertelling saam. Die San-kultuur word met sorg versorg en bewaar.
Die dwaler kan by !Khwa ttu leer oor die ryk geskiedenis van Suid-Afrika se eerste mense. Ontdek die prentjie mooi terrein met begeleide toere, interaktiewe uitstallings, staproetes en ʼn rustige uitsig oor die Atlantiese kus en vier die San-kultuur.
!Khwa ttu se museum ruimtes bring die besoeker tot in die hart van die San-gemeenskap. Jou San-gids sal jou met trots en warmte van die San se wel wen wee leer. Saam met jou gids ervaar jy die San, deur gebare, stemme en wyshede wat van geslag tot geslag oorgedra is.

Die gidse neem besoekers op staproetes deur die natuur, wys hoe die San die veld gelees het, water gevind het, en in harmonie met die aarde geleef het. Jou besoek word ʼn van reis van begrip en ʼn nuutgevonde erfenis trots.
Eet, slaap en inkopies
Nie net bied !Khwa ttu se restaurant plaaslik, vars en geurige disse nie, die disse word geïnspireer deur tradisionele smake van die San. Gemaklike, stylvolle verblyf, tussen die fynbos met ʼn lieflike uitsig oor die Weskus sonsopkoms en -ondergang bied akkommodasie opsies vir tussen twee en vier gaste. Ten volle toegerus met ʼn luukse eenvoud maak hierde opises vir die dwaler een wat herhinneringe bou.
In die geskenkwinkel wag handgemaakte kunswerke, juweliersware en unieke produkte wat die gees van die San-kultuur vasvang op die besoeker.
By !Khwa ttu word selfs die eenvoudigste dinge soos eet, slaap, inkopies doen geweef met betekenis. Die dwaler leer stadig en bewustelik ʼn nuutgevonde respek vir die mense en die grond waaruit ons almal kom.



Oorspronklik uit Afrika
Wetenskaplike en genetiese navorsing het gewys dat alle moderne mense (Homo sapiens) oorspronklik uit Afrika kom.
Studies van mitochondriale DNA (wat van moeder na kind oorgedra word) wys dat alle mense wêreldwyd hul oorsprong kan terugspoor na ʼn groep mense wat ongeveer 200 000 tot 300 000 jaar gelede in Oos- of Suidelike Afrika geleef het.
Van die oudste fossiele van moderne mense is in Ethiopië, Tanzanië en Suid-Afrika gevind. Ongeveer 60 000 tot 70 000 jaar gelede het groepe mense uit Afrika begin migreer en stadig oor die res van die wêreld versprei, Asië, Europa, Australië en uiteindelik Amerika.
Daarom sê wetenskaplikes dikwels, “Ons is almal Afrikane onder die vel.”
Ten slotte
By !Khwa ttu word die dwaler se ervaring van eet, slaap en inkopies doen uit die norm van eenvoud gehaal en word dit omring met betekenis en vriendelike diens. Die skoonheid van jou erfenis word hier in stilte gevier en jou verblyf is warm en rusitg.
!Khwa ttu nooi jou uit om nie net te besoek nie, maar om te beleef met ʼn gevoel van tuiskoms.
By !Khwa ttu sê die aarde ‘Welkom tuis’ en jou gemoed fluister met dankbaarheid terug: ‘Dankie.‘



Dwaal groete Annette ©





