Dwaalkoeël tref 5-jarige voor televisie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MATSWALE, LIMPOPO. – ‘n Seun (5) is Saterdag deur ‘n dwaalkoeël getref waar hy televisie gesit en kyk het. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

Kol. Malesela Ledwaba sê die seun het televisie gekyk en aan die slaap geraak. Toe sy ouer broer hom net na middernag wou gaan haal, het hy gesien sy boetie is geskiet. Die ouer broer het hulle ouma wakker gemaak en hulle het met die gewonde vyfjarige na ‘n hospitaal gehaas.

Musina-speurders ondersoek die saak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief