Dwelmlaboratorium ontdek, verdagtes gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Gauteng-polisie het Donderdag ‘n dwelmlaboratorium met ‘n geskatte waarde van meer as R10 m. op ‘n kleinhoewe aan die buitewyke van Westonaria ontdek. Twee verdagtes is in hegtenis geneem.

Lt.kol. Mavelo Masondo sê nasionale misdaadintelligensie het die plot vir verdagte aktiwiteite dopgehou. ‘n Deusoeking-en-beslagleggingslasbrief is verkry en deur die georganiseerde misdaadeenheid uitgevoer. Tydens deursoeking is op die dwelmlaboratorium afgekom. Mandrax en masjinerie vir die vervaardiging en verpakking van dwelms is gekonfiskeer.

Masondo sê die persoon wat volgens rapportering die eienaar van die huis is, is in die dwelmlaboratorium gevind en in hegtenis geneem. Nog ‘n verdagte is tydens die ondersoek gearresteer.

Die verdagtes is vir die vervaardiging van en handel in dwelms aangekla.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief