GAUTENG. – ‘n Dwelmmuil (25) wat Maandag vanaf São Paulo, in Brasilië, op OR Tambo Internasionale Lughawe geland het, het glo R1.8 m. kokaïen om sy lyf gehad.
Lt.kol. Amanda van Wyk sê intelligensie is ingesamel en ‘n operasie geloods, waartydens die Brasiliaan met drie kilogram dwelms om sy lyf onderskep is.
Hy is vir dwelmhandel gearresteer.





