‘Dwelmmuil’ na hospitaal gehaas

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die mees onlangse dwelmmuil wat op OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek is, is weens gesondheidsredes na ‘n hospitaal gehaas. Die proses om die kapsules te verwyder, is eers gestaak.

Lt.genl. Tebello Mosikile, die adjunk- nasionale kommissaris vir polisiëring, sê dit moet ‘n sterk boodskap uitstuur en as ‘n afskrikmiddel dien, aangesien die vervoer van kapsules gevul met dwelms in ‘n liggaam gevaarlik is en lewensverlies tot gevolg kan hê.

Tot dusver is 117 bullets, vermoedelik met kokaïen, uit die muil herwin.

“Die SAPD bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag om misdadigheid by OR Tambo Internasionale Lughawe te voorkom en te bekamp.”

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Dwelmmuil (43) van Paraguay is Sondagoggend op OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Ten minste 20 kapsules met dwelms (bullets) is reeds uit die verdagte se liggaam gelaat.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê die dwelmmuil het net van São Paulo geland toe hy deur die polisie op ORTIA onderskep is.

“‘n Mediese ondersoek het bevestig dat hy verskeie vreemde voorwerpe ingesluk het en hy het tot dusver meer as 20 bullets uitgelaat, wat vermoedelik kokaïen bevat.”

Dit bring die aantal dwelmmuile wat binne weke op ORTIA in hegtenis geneem is op 14 te staan.

“Die SAPD het die afgelope maand elke week minstens een dwelmmuil by OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer. Hierdie week alleen het die polisie drie dwelmmuile, waaronder twee Nederlandse handelaars wat met 80 kg khat gevind is, in hegtenis geneem. Vandag se arrestasie is die 14de dwelmmuil wat die afgelope weke in hegtenis geneem is.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief