‘Dwelmmuil’ vanaf Brasilië op lughawe vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – ‘n Vermeende dwelmmuil vanaf Brasilië is Dinsdag op Ortia deur die polisie met dwelms ter waarde van R1 m. in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe sê inligting is ontvang van ‘n verdagte wat op ‘n geïdentifiseerde vlug vanaf Guarulhos Internasionale Lughawe in Sao Paulo na OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park onderweg is.

Die vliegtuig het net voor 07:00 geland, waarna die verdagte ondervra is terwyl die vliegtuig deursoek is. Kokaiën in plastiek toegedraai ter waarde van R1 m. is gevind. Mathe sê die dwelms was vermoedelik om die verdagte se liggaam met plastiek toegedraai.

Die verdagte is vir dwelmhandel gearresteer en aangehou en sal na verwagting gedurende die week in die Kemptonpark-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief