Die kletsrymer Early B het onlangs op TikTok belangrike nuus met sy aanhangers gedeel.
In die video vertel hy dat hy nuus het wat hy nie weet hoe om te deel nie. Sy aankondiging begin in liedjieformaat.
Aanvanklik kom dit voor asof hy die musiekindustrie gaan verlaat, maar dan kom kykers agter dat dit eintlik ’n slim manier is om sy nuutste lied, wat amper bekendgestel gaan word, aan te kondig.
Sy aanhangers het dit as ’n slim bemarkingsvideo beskryf.
Kyk na die video en besluit of jy ook daarvoor sou val.
@earlyb_music Sorry that i had to do it this way guys & girls… But i think its time⏳ #SAMA28 #afrikaans #rap #HipHop #EarlyB #IsVannieDalAfMeisie
♬ original sound – Early B
Bron: Early B – TikTok





