Brekende Nuus
Afrikaans

Eben Etzebeth as MyPlayers se ‘Men’s Fifteens Players’ se speler van die jaar aangewys

MyPlayers, die rugbyspelersorganisasie,, het hul spelers van die jaar aangewys.

MyPlayers se spelers van die jaar is aangewys
Foto's: MyPlayers

MyPlayers se toekennings vir 2023 is aangewys. Niemand anders nie as Eben Etzebeth (Elizabedi) is as Men’s Fifteens Players se speler van die jaar aangewys.

Shilton van Wyk en Rights Mkhari is onderskeidelik as die Springbok Men’s Sevens Players- en as die Springbok Women Players-spelers van die jaar aagewys.

“Huge congratulations to these outstanding players who’ve truly excelled on the field.”

MyPlayers is ‘n organisasie waaraan alle professionele rugbyspelers in Suid-Afrika behoort. Die organisasie se verteenwoordigers, wat die spelers se belange in die industrie behartig, word self deur die spelers verkies. Hulle hoofdoel is volgens hulle webtuiste om die gesamentlike kommersiële belang van die spelers en die potensiaal daarvan te bevorder en te bestuur.

The Safari Guys het pryse vir die wenners geborg.

Bron: MyPlayers