Lees ook: Hof keur Bester en Magudumana se hofaansoek af
JOHANNESBURG. – Eben Etzebeth het vir die tweede jaar SA Rugby se toekenning vir SA-rugbyspeler van die Jaar gewen.
Die SA-rugbytoekennings vir 2023 is Donderdagaand in Johannesburg gehou. Etzebeth is die tweede speler wat twee jaar na mekaar die toekenning as beste speler wen. Die eer het Pieter-Steph du Toit in 2018 en 2019 te beurt geval.
Die ander finaliste vir die toekenning was Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi, Frans Malherbe en Damian Willemse.
Canan Moodie is vir die tweede jaar na mekaar as Jong Speler van die Jaar aangewys. Libbie Janse van Rensburg van die Bulle het die toekennings as Springbok-vrouespeler en Provinsiale Speler van die Jaar gewen.
Bronne: SA Rugby





