Ebrahim Rasool, die voormalige ambassadeur aan Amerika, het gister in Kaapstad geland na hy persona non grata in die VSA verklaar is.
Lees ook: SA-regering werk daaraan om Ebrahim Rasool te vervang
Rasool is uit die VSA geskors en sy diplomatieke voorregte opgeskort na hy gesê het Donald Trump en Elon Musk lei ’n “globale wit oppermagbeweging”.
Verskeie mense was in Kaapstad om hom in die land terug te verwelkom, insluitend voormalige lede van sy provinsiale kabinet. Hulle het ondersteuning vir hom uitgespreek en gesê hy is ’n man van beginsel.
Rasool het gesê: “Dit was nie ons keuse om huis toe te kom nie, maar ons kom huis toe sonder enige spyt”.
Daar is nog nie ’n vervanging vir Rasool aangewys nie.
Bronne: EWN, IOL, Briefly
Lees ook: SA-regering werk daaraan om Ebrahim Rasool te vervang