SA-regering werk daaraan om Ebrahim Rasool te vervang

Lees ook :

SA-regering werk daaraan om Ebrahim Rasool te vervang fotokrediet: X

Die Suid-Afrikaanse regering is besig om daaraan te werk om SA se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, te vervang.

Lees ook: VSA skors SA-ambassadeur oor kommentaar op Trump

Dit volg na Rasool uit die VSA geskors is oor kommentaar oor Donald Trump en bewerings dat hy en Elon Musk ’n “globale wit oppermagbeweging lei”. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het gesê Rasool “haat Amerika en haat Trump en dat hy nie meer welkom is in die land nie”.

Rasool moet teen Vrydag (21 Maart) uit Amerika wees. Sy diplomatieke voorregte is van vandag af opgeskort.

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale samewerking en betrekkinge het gesê drie kandidate is op ‘n kortlys om Rasool te vervang.

Die presidensie het ander diplomate wat steeds in die VSA is daaraan herinner om dekorum toe te pas.

Bronne: My Zimbabwe, The Citizen, Suid-Afrikaanse Regering

Lees ook: VSA skors SA-ambassadeur oor kommentaar op Trump

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief