ALASKA. – Al 10 insittendes van ‘n Cessna Grand Caravan-vliegtuig is Donderdag in ‘n ongeluk in Alaska dood.
Die nege passasiers en een vlieënier se liggame is almal na die ongeluk gevind. Nome se vrywilliger brandweerdepartement het die soek-en-reddingsoperasie met hulp uitgevoer.
Lees ook: Minstens 20 mense dood in vliegtuigongeluk in Suid-Soedan
Die vliegtuig van Beiring Air was op pad van Unalakleet na Nome toe dit van die radar af verdwyn het. Volgens die Amerikaanse kuswag het die vliegtuig skielik hoogte en spoed verloor voor kontak verloor is. Dit is onbekend wat die ongeluk veroorsaak het; die voorval word ondersoek.
Bronne: BBC, NBC News, The Independent
Lees ook: Minstens 20 mense dood in vliegtuigongeluk in Suid-Soedan





