Een persoon is aan beserings dood en drie beseer toe ‘n geveg vanoggend in die vroeë oggendure buite ‘n kroeg in Margate, KwaZulu-Natal uitgebreek het.
Chantelle Botha, woordvoerder vir KwaZulu Private Ambulance Service, sê hulle is na die toneel van ‘n massa-steekgeveg ontbied.
Met aankoms is gevind dat ‘n geveg buite ‘n kroeg uitgebreek het. Die toneel is geassesseer. Daar was een noodlottig beseerde persoon. Een persoon was kritiek en nog twee persone het geringe steekwonde opgedoen.
Die beseerdes is op die toneel behandel en vir verdere mediese sorg na ‘n hospitaal vervoer.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: