Een minuut met Deon Groot

Lees ook :

Een minuut met Deon Groot

Deon Groot het eintlik as gevolg van sy vriende in die musiekbedryf beland. Hulle het hom vir ’n karaokekompetisie ingeskryf, wat hy toe gewen het.

“Deur dit het ek elke Saterdag begin optree by die spesifieke plek en soveel meer plekke begin besoek vir optredes.” Hy het in 2012 sy eie musiek begin skryf en op die mark geplaas.

’n Tydperk wat vir hom uitstaan, is toe hulle aan Wyn begin skryf het. “Dit was die dag. Die feit dat ons ’n liedjie kon maak wat nie die normale struktuur van Afrikaanse styl of skryfstyl volg nie. Ons het dit vir so ‘n paar vriende gespeel en dit het dadelik goeie reaksie ontvang.”

Hy bly gegrond te midde van sy werk deur in die tuin te werk. “Ek het ’n gym tuis wat ek gebruik, maar ek dink eetgewoontes is belangrik, veral wanneer mens nie op toer is nie.”

Hy is tans besig om aan sy derde album te werk wat aan die einde van die jaar verskyn.

Sy raad aan aspirant-musikante is om nooit op te gee nie. “Mens misluk net as jy opgee. Sien die hele proses as ’n groeiproses.”

Daar is talle snaakse oomblikke wat hy uit sy tyd in die kollig kan deel. Sy optrede by Die Padstal staan egter uit. “Dit was een ongelooflike show en ek kon sien die optrede trek baie aandag en energie. Na die show toe kom een van my aanhangers en groet my agter die stage en laat weet my dat my gulp vir die hele duur van die show oop was.”

Hy balanseer sy professionele en persoonlike lewe deur videospeletjies te speel. “Ek spandeer ook tyd saam met familie deur restaurante te besoek of vis te vang.”

Foto: Verskaf

Besoek sy sosialemediabladsye:

Facebook

Instagram

TikTok

X

Teken in op ons nuusbrief - Bekendes

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief