Een minuut met Madelein Rust

Sy werk tans aan ’n roman wat in ’n kultus afspeel....

Een minuut met Madelein Rust.

Die Afrikaans-skrywer, Madelein Rust, skryf omdat sy nie anders kan nie. Dit is nie ’n geval van iets wat haar inspireer nie, want om te skryf, is soos om asem te haal. Sy is van mening daar maal stories in skrywers se koppe rond wat nie kan wag om op papier te spring nie.

Die publikasie van haar debuutroman, Die 13de kaart, was ’n onvergeetlike oomblik in haar lewe as skrywer. Die roman is vir ’n Woordveertjie benoem. “Dit was byna asof dit my drang om te skryf, onderstreep het en ’n punt daaragter geplaas het,” vertel sy.

Sy werk tans aan ’n roman wat in ’n kultus afspeel. Nog een van haar boeke sien Junie die lig. “Ek wil nog nie te veel daaroor uitlap nie, maar ek wil sê dat dit anders is as enigiets wat ek al ooit vantevore aangepak het.”

Haar raad aan aspirant-skrywers is om te skryf. “Al skryf jy een sin op ’n dag – skryf en  moenie ophou nie.” Sy raai ook aan dat skrywers ontslae moet raak van enige sensitiwiteit. “Dit verhoed jou om te leer. Opbouende kritiek help jou groei as skrywer.”

Madelein is ’n meester om haar platform te gebruik vir byvoorbeeld gendergeweld wat vir haar belangrik is. “Sake soos gendergeweld word in al sy aakligheid in my boeke uitgebeeld en sodoende plaas ek die kollig op die dinge wat wortel en tak uitgeroei moet word.” Sy is seker niemand wat haar werk lees, sal onaangeraak kan staan teenoor die gruwels van die sake wat haar hart roer nie.

Verder is haar lesers aktief deel van haar skryfwerk. “Ek was geamuseerd en baie beïndruk toe ek uitvind daar is van my lesers in Bloemfontein wat soms na plekke toe ry wat ek in my boeke beskryf met die uitsluitlike doel om te gaan kyk of die plekke werklik bestaan.”

Vir Madelein is Afrikaans die taal van haar hart en sy glo dat sy voortbestaan ononderhandelbaar is. “En nie net omdat dié wat die taal praat vuur in hulle harte het nie, ook omdat iets so indrukwekkend geen ander keuse het nie.”

Besoek haar webwerf hier.

Lotto uitslae vir 20 April 2024

Groenewald en Greeff se appèl suksesvol

Omstanders gryp glo vrag van brandende vragmotor

Vier sterf in ongeluk naby Port Shepstone

Bejaarde man se liggaam by Gqeberha-gholfklub gevind

Man wat vrou vermoor, opsny en kook se parool weer geweier

Willem Botha spog met eie parfuum

Onbekende mans sterf toe vragmotor hulle voertuig tref

Mooiweer die naweek verwag

Universiteit van Fort Hare gee binnekort graad aan 19-jarige

Powerball uitslae vir 19 April 2024

Man kry lewenslange vonnis vir verkragting van meisie (12)

Boer soek ’n Vrou se PF en Chantelle verwag ’n dogtertjie

Verdagte op rooftoneel doodgeskiet

 Kyk: Jan Jan Jan en dansende Kwagga vermaak