MELLRICHSTADT, DUITSLAND. – Een persoon is dood en twee is beseer toe ’n man (21) verskeie mense by ’n maatskappy in Mellrichstadt, Bavaria, met ’n mes gesteek het.
Lees ook: Sowat 35 mense dood ná ontploffing by fabriek in Indië
Die maatskappy is ’n plaaslike elektrisiteitvervaardiger. Die verdagte is een van die werkers by dié maatskappy.
’n Vrou (59) is dood en twee mans, onderskeidelik 55 en 62, is ernstig beseer.
Die motief vir die aanval is onbekend. Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.
Bronne: The Independent, Euronews, The Times of India
Lees ook: Sowat 35 mense dood ná ontploffing by fabriek in Indië





