INDIЁ. – Sowat 35 mense is oorlede en 17 is vermis ná ’n ontploffing Maandag by ’n chemiese fabriek in Telangana.
Lees ook: Ses mense dood in vliegtuigongeluk
Die polisie het gesê verskeie mense is steeds vasgekeer in die rommel van die Sigachi- chemiese fabriek. Volgens die polisie was daar 61 mense in die fabriek toe die ontploffing plaasgevind het.
‘n Komitee van vyf is saamgestel om die oorsaak van die ontploffing vas te stel, terwyl reddingspogings deur die polisie en brandweer voortduur.
Bronne: DW – South Africa, The Indian Express, Gulf News
Lees ook: Ses mense dood in vliegtuigongeluk





