KWAZULU-NATAL. – Een persoon het gesterf toe ‘n boot met vyf persone aan boord vanoggend in die Park Rynie-gebied in die branders omgeslaan het.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê dié diens is vroegoggend na die Rocky Boat-skibootklub waar ‘n persoon op die toneel dood verklaar is. Die ander insittendes het geringe beserings opgedoen en het vervoer na ‘n hospitaal van die hand gewys nadat hulle deur die diens geëvalueer is.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





