Lees ook: Dodetal in Los Angeles-brande styg steeds
KALIFORNIЁ, VSA. – Honderde mense is beveel om te ontruim na een van die grootste batterystoorfasiliteite in die wêreld gisteraand aan die brand geraak het.
Die brand het by die Moss Landing-kragfasiliteit ontstaan, slegs 300 myl noord van waar die brande in Los Angeles gewoed het. Daar is duisende litiumbattery in die fasiliteit se stoor.
Dit is onduidelik wat die brand veroorsaak het, maar verskeie skole en kantore naby die fasiliteit is gesluit en mense is gewaarsku om in hulle huise te bly, met die vensters toe.
Bronne: The Independent, The Sun, Politico





