KAAPSTAD. – Die EFF het die Stad Kaapstad ingelig van ’n optog van Tokai na Westlake wat vir Maandag (26 Mei) beplan is.
Lees ook: Malema reageer op Trump se vraag hoekom hy nie gearresteer word nie
Volgens die EFF se kennisgewing sal die optog by die Tokai-biblioteek begin en dan na die Amerikaanse konsulaat in Westlake beweeg.
Die rede vir die optog is nie bekendgemaak nie, maar alle owerhede, insluitend die SAPD, metropolisie en verkeersdienste is daarvan in kennis gestel.
Reddam House School, wat naby die optogroete geleë is, asook die Amerikaanse konsulaat, is in kennis gestel.
Bronne: SA People, The South African, Cape Town ETC.
Lees ook: Malema reageer op Trump se vraag hoekom hy nie gearresteer word nie