EFF-raadslid se skietdood word ondersoek

Lees ook :

Foto: EFF Johannesburg Region

GAUTENG. – Moshe Mphalele, ‘n EFF-raadslid, is Sondag in Bramley, Johannesburg, doodgeskiet.

Lt.kol. Mavela Masondo sê aan Nuusflits die polisie is besig om die gemeenskapsleier se dood te ondersoek.

Masondo sê die voorval het gebeur toe JMPD en privaat veiligheidsdienste mense wat onwettig hulle intrek in privaat houers (containers) geneem het, wou verwyder. Die polisie het inligting ontvang oor ‘n persoon wat geskiet en na ‘n plaaslike kliniek geneem is. Met aankoms by die kliniek is die liggaam van ‘n man met ‘n skietwond aan die polisielede uitgewys. Voorlopige ondersoek het bevind die oorledene was ‘n gemeenskapsleier wat geskiet is ten tyde van die verwydering van persone wat glo die houers onwettig bewoon.

Die polisie ondersoek ‘n moordsaak.

Die EFF vir Johnnesburg-area het aangekondig daar sal Woensdag ‘n gedenkdiens vir Mphahlele gehou word.

Memorial Service

The Memorial Service in honor of the @EFFSouthAfrica Joburg Regional Deputy Secretary, Fighter Moshe Mphahlele will be held under the following details:

Date: Wednesday 07 Aug, 2024

Time: 14h00

Venue: Sankopano Community Centre, Alexandra

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief