Egipte en Rooikruis sluit aan by soektog na gyselaars se liggame

Lees ook :

Egipte en Rooikruis sluit aan by soektog na gyselaars se liggame fotokrediet: Canva

GASA. – Israeliese owerhede het uitgrawingspanne van Egipte en die Rooikruis toestemming gegee om by die soektog na liggame van die gyselaars wat op 7 Oktober 2023 ontvoer is, aan te sluit.

Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars

Die Israeliese regering het gesê die spanne is toestemming gegee om verby die sogenaamde “geel lyn” in die gebied te gaan wat deur die Israeliese weermag beheer word. Hamas-lede is ook toegelaat om die gebied binne te gaan om na die liggame te soek.

Hamas het al 15 van 28 liggame aan Israel oorhandig en 13 moet nog oorhandig word.

Donald Trump, VSA-president, het Hamas gewaarsku om die liggame “vinnig” te oorhandig “of die ander lande betrokke by die vredesproses gaan aksie neem”.

‘n Israeliese regeringwoordvoerder het gister beweer Hamas weet waar die liggame is en “as Hamas ‘n meer ernstige poging aangewend het, sal hulle die liggame van ons gyselaars kan kry”.

Hamas het voorheen gesê van die liggame is onder puin begrawe en dat hulle ekstra uitgrawingsmasjiene benodig om hulle uit te grawe.

Bronne: BBC, The Times of Israel, Evening Standard

Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief